Van klein dogtertjie af was ek nog altyd mal oor juweliersware. Ek het altyd my ma se ringe en oorbelle aangesit wanneer ek die kans kry en te veel krale aangesit as ek hoor dat ons dorp toe gaan.

Ek het eers regtig na skool geleer hoe om juweliersware op die korrekte manier aanmekaar te sit. Nadat ek die basiese kon regkry was daar geen keer nie.Nou vind ek my inspirasie oral {antieke winkels, die natuur, Pinterest, tydskrifte, asook wat mense om my dra en die interessante kleur kombinasies en style!}. Ek werk graag met perels, kristalle, edelgesteentes, glas en hout en dan bring ek soms materiaal soos kant, net en lint in.Ek kan ook ‘n bietjie met silwer werk.

Dis nou deel van my en enige kans wat ek kry gryp ek na my ‘tools’ en begin ontwerp en maak!

Die twee stukke wat ek gemaak het was twee eenvoudige en vinnige ontwerpe wat enige beginner baie vinnig onder die knie sal kry.



Die perel een is gemaak met ‘eyepins’, ‘shell pearls’, 2 klein ‘jump rings’, 2 groter ‘jump rings’ en ‘n bietjie oorskiet kant. Die perels word met die ‘eyepins’ aanmekaar gehaak en dan word die kant deur die ringetjies aan die einde gehaak.Jy kan altyd die kant vervang met lint of ketting net soos dit by jou pas.


Die ligte koraal/perske kleur ketting stuk is net so ‘n vinnige stuk om te maak. Jy kan self die lente en tipe krale bepaal.Die hele stuk met net een tipe kraal maak of verskillende kleure en groottes gebruik.Ek het weer gebruik gemaak van die ‘eyepins’, ‘jump rings’ verskillende skakerings van koraal/perske kleur krale en dan die ketting opgebreek in gelyke stukke vir tussen-in.


Gaan loer asseblief na haar werk hier:
Bijoux Jewellery