Wat sê Franci?

Waarom het jy besluit op ‘n ‘makeover’ vir jouself?
Ek was in ’n groot groef en het elke dag net dieselfde gelyk. Ek was lus vir iets nuut!

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het?
Ek hou daarvan om mooi aan te trek en ’n statement te maak. Ek het nou geleer dat ek klere kan dra waarna ek nooit twee keer sou kyk nie soos rooi en swart.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?
Ongelooflik! Ek moes twee keer kyk.

Wat was jou vriende/familie se reaksie?
Ek het onmiddelik na my buurvrou gehardloop en haar eerste woorde was dat sy ook ’n mooimaaksessie wil hê.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?
Dit gaan maklik wees, ek sal net bietjie moet eksperimenteer.

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar
Franci het die mooiste vol lippe. Ek het dit met ’n rooibruin-lipstiffie beklemtoon wat pragtig by haar nuwe haarkleur pas. Ek het ook haar wenkbroue versag met ’n bruin oogskadu en dit raam nou haar gesig perfek.

Elaine, stilis
Die swart-en-rooi-kleurskema het haar nuwe voorkoms baie mooi gekomplementeer. Die swart elegante rok het haar petite figuur mooi beklemtoon en het haar ’n stylvolle voorkoms gegee. Franci het geskitter in die oorvourok met patrone.

Veronique Mills – fotograaf
Franci was ’n fees om voor die kamera te hê! Haar nuwe voorkoms asook die herfs-kleure wat ons uitgekies het, het so mooi gelyk op die kamera. Franci se uitkyk op die lewe is fantasties! Sy het kanker gehad asook rug-operasies en dit was wonderlik om haar positiewe uitkyk te beleef en haar te kon bederf.

Klere van Slate, Willowbridge
Hare: Pro Hair Studio, Kenridge (021 914 2525)