Wat sê Chantel?

Waarom het jy besluit op ’n mooimaaksessie?
Dit was die ideale geskenk van my aan my. Ek is ’n mamma van twee en daar is min tyd vir mooimaak.

Wat dink jy is jou beste eienskap?
My oë.

Beskryf jou klerestyl…
Gemaklik en klassiek. Dit was lekker om bietjie met kleur te speel.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?
Ek het die mooimaakspan se vorige werk gesien, daarom ek het baie verwag. Maar hulle het selfs my hoë verwagtinge oortref.

Wat was jou familie en vriende se reaksie?
Hulle het net gesê “wow”.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?
Ek kan nie elke dag al dié grimering dra nie, maar die raad en wenke gaan beslis baie help.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?
Definitief ’n hupstoot gegee.

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar
Ek het Chantel se groot blou oë ’n dramatiese voorkoms gegee met donker oogskadu en swart oogomlyner. Ek het haar voorkoms steeds vars laat lyk met ’n koraalkleur lip en blos. Haar hare het ’n diep kantpaadjie om die elegante voorkoms mooi af te rond.
Ek het verbronser gebruik om haar sonbrandlyne te verbloem. Die snit van die rok het ook gehelp om dié lyne weg te steek.

Elaine, Stilis
Vir Chantel se uitrustings het ek beige en koraalkleure gekies. Die sagte neutrale kleure het haar haarkleur, veltoon en oë vreeslik mooi beklemtoon.

Veronique Mills – fotograaf
Die klere wat gekies is het perfek by Chantel gepas, veral die koraalkleur rok. Chantel het die mooiste blou oë wat só mooi op kamera wys. Dit was ’n baie gemaklike sessie en ons kon lekker gesels en lag!

Klere van Slate